Isaiah 49:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dan moet jy in jou hart sê: Wie het hierdie vir My gegenereer, terwyl ek my kinders verloor het en verlate is, 'n gevangene en heen en weer gaan? en wie het hierdie opgebring? Kyk, ek het alleen oorgebly; hierdie, waar was hulle? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dan sal jy by jouself dink: ‘Wie het al hierdie kinders vir my gegee? Ek was kinderloos en onvrugbaar. Ek was ’n balling en verstoot. Maar wie het hierdie kinders grootgemaak? Ek alleen het oorgebly, maar waar kom hulle nou vandaan?’” |
| Afrikaans 1933/1953 | Dan sal jy in jou hart sê: Wie het vir my hierdie kinders gebaar, aangesien ek kinderloos en onvrugbaar was, verban en verstote? En wie het hulle grootgemaak? Kyk, ek het toe alleen oorgebly; hierdie kinders -- waar was hulle? |
| Afrikaans 1983 | Dan sal jy dink: wie het hierdie kinders vir my in die wêreld gebring? Ek was kinderloos en onvrugbaar, 'n balling, 'n verstoteling. Wie het hierdie kinders grootgemaak? Ek het alleen oorgebly. Waar kom hulle vandaan? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jy sal in jou hart sê: Wie het hulle vir my in die wêreld gebring terwyl ek kinderloos en onvrugbaar was, 'n balling en 'n gevangene? Hierdie kinders – wie het hulle grootgemaak? Kyk, ek het alleen oorgebly; waar was hulle dan?” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En jy sal dink: Van waar kom al hierdie mense? Ek was soos 'n vrou wat nie kinders kan kry nie, ek was alleen, niemand het van my gehou nie, ek was so alleen soos 'n weduwee wat haar kinders verloor het. En van waar kom al my mense nou?” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dan sal jy jou afvra: “Waar kom al hierdie kinders vandaan? Ek het dan my kinders verloor en alleen agtergebly toe hulle na ’n ander land weggevat is. Van waar af kom hierdie kinders? Wie het hulle grootgemaak?” |