Isaiah 49:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die kinders wat jy sal hê, nadat jy die ander een verloor het, sal weer voor jou ore sê: Die plek is te nou vir my; gee vir my plek dat ek kan woon. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die geslag in ballingskap gebore, sal terugkom en sê: ‘Ons het meer plek nodig! Maak vir ons meer plek om in te woon!’ |
| Afrikaans 1933/1953 | Nog sal die kinders waarvan jy beroof is, voor jou ore sê: Die plek is te nou vir my; maak vir my plek, dat ek kan woon! |
| Afrikaans 1983 | Kinders wat jy nou nie het nie, sal nog in jou ore kom kerm en sê: “Dié plek is te klein vir ons! Maak vir ons plek om in te woon!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die kinders waarvan jy beroof is, sal weer, terwyl jy dit hoor, sê, ‘Die plek is te beknop vir my, maak vir my ruimte, sodat ek hier kan woon!’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jou mense wat weg was, sal nou vir jou sê: ‘Hier is nie genoeg plek vir ons almal nie, jy moet vir ons plek maak, ons wil hier woon.’ |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die kinders wat gedurende die tyd van die wegvoering in ander lande gebore is, sal dan by jou kom kla: “Hier is nie genoeg plek vir ons om te bly nie. Gee vir ons meer plek om te bly.” |