Isaiah 49:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Hy het my mond gemaak soos 'n skerp swaard; in die skaduwee van sy hand het Hy my verberg en vir my 'n gepoleerde steel gemaak; in sy pylkoker het Hy my verberg; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het my mond soos ’n skerp swaard gemaak. In die skaduwee van sy hand het Hy my weggesteek. Hy het my ’n skerp pyl gemaak en in sy pylkoker weggesteek. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Hy het my mond gemaak soos 'n skerp swaard, in die skaduwee van sy hand het Hy My verberg; en Hy het My 'n skerp pyl gemaak, in sy pylkoker My weggesteek; |
| Afrikaans 1983 | Hy het my mond soos 'n skerp swaard gemaak, my in die skaduwee van sy hand verberg, Hy het my 'n skerp pyl gemaak en my in sy pylkoker weggesteek. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het my mond soos 'n skerp swaard gemaak, in die skaduwee van sy hand het Hy my weggesteek. Hy het my 'n geslypte pyl gemaak, in sy pylkoker het Hy my versteek. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het vir my geleer om goed te praat, my woorde is soos 'n skerp swaard, soos 'n pyl. Maar die Here het gesê ek moet eers stilbly, Hy het my weggesteek soos 'n swaard of 'n pyl. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het my woorde so skerp soos ’n swaard gemaak. Hy hou sy hand oor my om my te beskerm. Hy het my soos ’n skerp pyl gemaak wat Hy reghou in sy pylkoker om mee te skiet. |