Isaiah 49:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want jou puinhope en jou verlate plekke en die land van jou verwoesting sal selfs nou te nou wees vanweë die inwoners, en die wat jou verslind het, sal ver wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Jy is nou net ’n ruïne en jou land verlate, maar dan sal jy te klein wees om al die inwoners te huisves, en dié wat jou wou vernietig, sal ver weg wees. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want jou puinhope en jou verwoeste plekke en jou verwoeste land -- sekerlik, nou sal jy te nou wees vir die inwoners, en die wat jou verslind het, is ver weg! |
| Afrikaans 1983 | Jy is nou nog net puinhoop en ruïne, 'n verwoeste plek, maar jy sal te klein word vir al jou inwoners, en dié wat jou afgebreek het, sal verdwyn. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Oor jou puinhope, jou verwoeste plekke, jou vernielde land lê Ek 'n eed af: Jy gaan nou te klein wees vir al die inwoners; en hulle wat jou verslind het, sal ver weg wees. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy is nou net hope klippe, daar woon nou nie mense in jou nie, en jou land is verwoes. Maar daar sal nie genoeg plek in jou wees vir al jou mense nie. En die mense wat jou verwoes het, sal ver weg wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Op die oomblik is die hele stad vol bouvalle en puinhope. Jy is ’n land wat verwoes is. Maar as jou mense terugkom, sal daar nie genoeg plek wees vir almal om te woon nie. Daar sal niks meer te sien wees van die vyand wat jou vernietig het nie. |