Isaiah 49:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Jou kinders sal haastig wees; jou verwoesters en die wat jou verwoes het, sal uit jou uittrek.
Afrikaans (NLV) 2011 Baie gou sal jou nageslag hulle terughaas, maar hulle wat jou verwoes het, sal wegvlug.
Afrikaans 1933/1953 Jou seuns kom gou, maar jou verwoesters en jou vernielers sal van jou af wegtrek.
Afrikaans 1983 Jou kinders kom binnekort, en dié wat jou verwoes en verniel het, sal uit jou uit padgee.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jou kinders kom gou. Hulle wat jou afgebreek het, 'n puinhoop van jou gemaak het, hulle trek uit jou uit.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jou mense sal vinnig terugkom, en die mense wat jou verwoes en stukkend geslaan het, sal weggaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dié wat jou mure sal herbou, is vinnig op pad na jou toe. Dié wat jou verwoes het, sal van jou af padgee.