Isaiah 49:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Kan 'n vrou haar suigling vergeet, dat sy haar nie ontferm oor die seun van haar skoot nie? ja, hulle mag vergeet, maar Ek sal jou nie vergeet nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Kan ’n ma die baba vergeet wat aan haar bors drink? Kan sy geen medelye hê met die kind wat sy in die wêreld gebring het nie? Selfs al sou dit tog moontlik wees, Ék sal jou nie vergeet nie! |
| Afrikaans 1933/1953 | Kan 'n vrou haar suigling vergeet, dat sy haar nie ontferm oor die seun van haar skoot nie? Ofskoon hulle sou vergeet, nogtans sal Âk jou nie vergeet nie! |
| Afrikaans 1983 | Kan 'n vrou haar eie baba vergeet, haar nie ontferm oor die kind wat sy in die wêreld gebring het nie? Selfs al sou so iets kon gebeur, Ek sal jou nie vergeet nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Kan 'n vrou haar suigeling vergeet, haar nie ontferm oor die seun van haar moederskoot nie? Selfs al sou hulle vergeet, Ek, ja, Ek sal jou nie vergeet nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar die Here vra: “Dink julle 'n vrou sal haar baba vergeet? Sal sy nie jammer wees vir haar kind nie? Nee, sy sal dit nie doen nie. Maar as sy miskien haar kind sal vergeet, Ek sal jou nie vergeet nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Kan ’n vrou van haar babatjie vergeet? Kan sy die kind wat sy in die wêreld gebring het, net so laat staan? Selfs al sou so iets gebeur, sal Ek jou nooit vergeet nie. |