Isaiah 49:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Sing, o hemele! en wees bly, o aarde! en breek uit in gejubel, o berge! want die HERE het sy volk getroos en sy ellendige ontferm. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sing van vreugde, hemel! Aarde, wees bly! Berge, juig met ’n vrolike lied! Want die Here het sy volk getroos. Hy sal Hom ontferm oor hulle wat in ellende is. |
| Afrikaans 1933/1953 | Jubel, o hemele, en juig, aarde; en berge breek uit in gejubel! Want die HERE het sy volk getroos en ontferm Hom oor sy ellendiges. |
| Afrikaans 1983 | Jubel, hemel! Juig, aarde! Sing vrolik, berge! Die Here het vir sy volk uitkoms gegee, Hy het Hom ontferm oor sy volk wat in nood was. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jubel, hemel, en juig, aarde! Breek uit in jubelkrete, berge! Want die Here het sy volk getroos, Hom oor sy magteloses ontferm. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hemel, aarde, berge, julle moet juig en vrolik wees, want die Here laat dit goed gaan met sy volk, Hy help sy mense wat hulleself nie kan help nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die lug daar bo moet juig. Die aarde hier onder moet jubel. Die berge moet sing van vreugde. Die Here het sy volk nuwe moed gegee. Hy was jammer vir hulle omdat hulle so swaarkry. |