Isaiah 49:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Kyk, hulle sal van ver af kom, en kyk, hulle is van die noorde en van die weste af; en dit uit die land Sinim. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | My volk kom terug van ver af, sommige uit die noorde, ander uit die weste, nog ander so ver as Egipte.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Kyk, hulle hi,r kom van ver, en kyk, hulle dr kom van die noorde en van die weste, en hulle dr kom uit die land van die Siniete. |
| Afrikaans 1983 | Daar kom my volk van ver af! Party kom uit die noorde en uit die weste, party kom uit die land van die Siniete. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Kyk, hierdie mense kom van ver af; kyk, sommige kom uit die noorde en weste, en ander kom uit die gebied by Aswan. ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet kyk, my volk sal van ver kom, party sal kom uit die noorde en party uit die weste, en party uit die land Sinim.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | My volk sal van al die ver plekke af terugkom. Sommige sal uit die noorde kom, ander uit die weste en nog ander uit Egipte. |