Isaiah 49:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hulle sal nie honger of dors hê nie; en die hitte en die son sal hulle nie tref nie; want Hy wat hom oor hulle ontferm, sal hulle lei, by die waterfonteine sal Hy hulle lei.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle sal nie meer honger of dors wees nie. Die warm son en die droë woestynwinde sal niks aan hulle doen. Hy wat vir hulle omgee, sal vir hulle sorg en hulle lei na koel fonteine.
Afrikaans 1933/1953 Hulle sal geen honger en geen dors hê nie, en die woestyngloed en die son sal hulle nie steek nie; want hulle Ontfermer sal hulle lei en hulle saggies aanbring na die fonteine van water.
Afrikaans 1983 Hulle sal nie honger of dors kry nie, die woestynhitte en die son sal hulle nie brand nie, want Hy wat Hom oor hulle ontferm het, sal hulle onder sy sorg neem. Hy sal hulle by fonteine langs lei.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle sal nie honger of dors word nie, die dor woestynwind en son sal hulle nie tref nie. Ja, hulle ontfermer sal hulle lei, langs waterbronne sal Hy hulle begelei.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle sal nie honger of dors wees nie, en die son sal hulle nie brand nie. Ek is jammer vir hulle, Ek sal voor hulle loop, Ek sal hulle versigtig lei na plekke waar waterstrome is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle sal nie honger of dors word nie. Die skroeiende wind en die warm son sal hulle nie brand nie. Die Here wat hulle jammer gekry het, sal hulle lei en hulle by water laat uitkom.