Isaiah 49:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Luister, o eilande, na my; en luister, o volke, van ver af! Die HERE het my geroep van die moederskoot af; uit die ingewande van my moeder het hy my naam genoem.
Afrikaans (NLV) 2011 Luister na my, almal wat in ver lande bly! Voor my geboorte het die Here my geroep. Van my geboorte af het Hy my op my naam genoem.
Afrikaans 1933/1953 Hoor na My, eilande, en luister, volke wat ver is! Die HERE het My geroep van die moederskoot af, van my geboorte af het Hy my naam genoem.
Afrikaans 1983 Luister na my, eilande, gee aandag, nasies wat ver is! Die Here het my voor my geboorte al geroep; toe ek nog in my moeder se liggaam was, het Hy my op my naam genoem.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Luister na my, eilande, gee aandag, afgeleë nasies! Die Here het my reeds geroep toe ek in die moederskoot was; Hy het reeds my naam genoem toe ek in my moeder se liggaam was.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Mense wat ver van hier langs die see woon, julle moet luister na wat ek sê: Die Here het my geroep voordat ek gebore is, ek was nog in my ma se liggaam toe Hy my naam genoem het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die ander lande moet na my luister. Die lande wat ver weg is, moet fyn luister wat ek sê. Die Here het my geroep voordat ek gebore is. Hy het my alreeds ’n naam gegee voordat ek in die wêreld gekom het.