Isaiah 48:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ter wille van my Naam sal Ek my toorn uitstel, en ter wille van my lof weerhou Ek vir U, dat Ek U nie uitroei nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Tog sal Ek ter wille van Myself my woede bedwing. Ter wille van my Naam sal Ek my woede terughou sodat julle nie uitgewis word nie.
Afrikaans 1933/1953 Om my Naam ontwil vertraag Ek my toorn, en om my roem ontwil bedwing Ek My jou ten goede, om jou nie uit te roei nie.
Afrikaans 1983 Ter wille van my Naam bedwing Ek my toorn, ter wille van my eer tree Ek nie op teen julle nie dat julle nie vernietig word nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ter wille van my Naam hou Ek my toorn terug, ter wille van die lof wat My toekom, bedwing Ek Myself – tot jou voordeel, en om jou nie uit te roei nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het geduldig gebly. Hoekom? Omdat my Naam die Here is. Ek het julle nie laat sterf nie, want Ek wil hê mense moet My eer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Om my Naam skoon te hou sal Ek sorg dat Ek nie vir jou kwaad word nie. Om my eer te beskerm sal Ek jou nie verwoes nie.