Isaiah 48:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ja, jy het nie gehoor nie; ja, jy het nie geweet nie; ja, van toe af is jou oor nie geopen nie; want ek het geweet dat jy baie troueloos sou handel en van die moederskoot af 'n oortreder genoem is.
Afrikaans (NLV) 2011 Julle het niks daarvan gehoor of dit verstaan nie. Want Ek weet hoe verraderlik julle optree. Van geboorte af was julle as rebelle bekend.
Afrikaans 1933/1953 Ja, jy het dit nie gehoor nie, ook het jy dit nie geweet, ook het jou oor tevore nie daarvoor oopgegaan nie; want Ek het geweet dat jy baie troueloos handel, en dat jy van die moederskoot af 'n oortreder genoem is.
Afrikaans 1983 Julle het nog niks daarvan gehoor nie en julle weet nog niks daarvan nie. Julle kon dit nie vantevore hoor nie, want Ek het geweet dat julle nie vertrou kan word nie, dat julle van julle geboorte af al as oortreders bekend is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jy het dit nóg gehoor, nóg geweet. Vroeër is jou ore ook nie oopgemaak nie, want Ek het geweet dat jy beslis ontrou gaan wees. Oortreder van die moederskoot af word jy genoem.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle het dit nie gehoor nie en nie geweet nie. Ek het dit nie vir julle gesê nie omdat Ek weet julle is baie ontrou en julle was altyd opstandig.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jy het beslis nog nie hiervan gehoor nie. Jy weet daar niks van nie. Julle kon dit nie voorheen al gehoor het nie. Ek weet mos hoe onbetroubaar jy is. Van kleins af was jy eiesinnig.