Isaiah 48:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hulle is nou geskape en nie van die begin af nie; selfs voor die dag toe jy hulle nie gehoor het nie; dat jy nie sou sê: Kyk, ek het hulle geken nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dis splinternuwe dinge wat voorheen nie daar was nie, waarvan julle voor vandag nie gehoor het nie. Nou sal julle nie kan sê: ‘Natuurlik het ek dit geweet’ nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Nou is hulle geskape en nie tevore nie; en voor vandag het jy niks daarvan gehoor nie, dat jy nie sou sê: Kyk, ek het dit geweet nie! |
| Afrikaans 1983 | Ek gaan dit nou doen, dit was nie voorheen daar nie. Voor vandag het julle nie daarvan gehoor nie, julle kan nie sê: “Ons het dit al geweet” nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Nou eers is dit geskep, nie tevore nie; voor vandag het jy nie daarvan gehoor nie, sodat jy nie sou sê, ‘Kyk, ek het dit geweet’ nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit is dinge wat Ek nou sal doen. Ek het dit nie voorheen gedoen nie en Ek het dit nie vir julle gesê nie. Julle kan nie sê dat julle hierdie dinge klaar weet nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit is nuwe dinge wat nog nie vantevore gebeur het nie. Jy het voor vandag nog glad nie daarvan geweet nie. Wanneer dit gebeur het, sal jy nie kan sê: “Maar ek het dit alreeds voorheen geweet” nie. |