Isaiah 48:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | U het gehoor, kyk dit alles; en sal julle dit nie verkondig nie? Ek het jou van nou af nuwe dinge laat sien, ja, verborge dinge, en jy het dit nie geweet nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Julle het alles gehoor. Julle kon dit self sien. Sal julle dit nie nou erken nie? Daarom gaan Ek nou nuwe dinge aan julle openbaar, geheime waarvan julle nie weet nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Jy het dit gehoor -- aanskou dit alles! Sal julle dit dan nie verkondig nie? Van nou af laat Ek jou nuwe dinge hoor en geheime wat jy nie geweet het nie. |
| Afrikaans 1983 | Julle het dit alles gehoor, julle kon dit alles self sien, sal julle dan nie daarvan getuig nie? Van nou af laat Ek julle nuwe dinge hoor, dinge wat verborge was, waarvan julle niks geweet het nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jy het dit gehoor; aanskou dit dan nou alles! En julle, sal julle dit nie bekend maak nie? “Van nou af maak Ek aan jou nuwe dinge bekend, dinge wat verborge is, waarvan jy nie geweet het nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle het gehoor wat Ek gesê het, julle het gesien wat gebeur. Julle moet sê: ‘Ja, dit is waar.’ Van nou af sal Ek nuwe dinge vir julle sê, dinge wat Ek nie voorheen gesê het nie, dinge wat julle nie geweet het nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jy het mos gehoor wat Ek gesê het gaan gebeur. Jy het gesien hoe dit gebeur het. Kan jy dit ontken? Ek gaan nou vir jou van nuwe dinge vertel wat Ek tot dusver nog stil gehou het. Jy het nog nie daarvan gehoor nie. |