Isaiah 48:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek het dit selfs van die begin af aan jou verkondig; voordat dit gebeur het, het ek dit jou laat sien, sodat jy nie sou sê: My afgod het dit gedoen, en my gesnede beeld en my gegote beeld het hulle beveel nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarom het Ek lank gelede al gesê wat Ek gaan doen. Voordat dit gebeur, het Ek dit al bekendgemaak, sodat julle nie kan sê nie: ‘My afgode het dit gedoen. My houtbeelde en metaalbeelde het dit laat gebeur.’ |
| Afrikaans 1933/1953 | daarom het Ek jou dit lank tevore verkondig; voordat dit gekom het, het Ek jou dit laat hoor, dat jy nie sou sê: My afgod het dit gedoen, of my gesnede beeld of my gegote beeld het dit beveel nie. |
| Afrikaans 1983 | daarom het Ek dit lank tevore vir julle aangekondig, en dit aan julle bekend gemaak voordat dit gebeur het sodat julle nie kon sê: “Ons afgode het dit gedoen, ons afgodsbeelde het beveel dat dit moet gebeur” nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | het Ek dit lankal vir jou aangekondig; voordat dit gebeur het, het Ek dit aan jou bekend gemaak. Anders sou jy sê, ‘My afgod het hierdie dinge gedoen, my afgodsbeeld en my gegote beelde het dit beveel.’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarom het Ek lank gelede vir julle gesê wat met julle sal gebeur. Julle kan nie sê dat julle afgode hierdie dinge laat gebeur het nie, die beelde wat julle self gemaak het, het dit nie laat gebeur nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek het voor die tyd al vir jou gesê wat gaan gebeur. Voor iets nog gebeur het, het Ek gesorg dat jy daarvan weet. Jy kan nie sê: “Dit is my eie god wat hierdie dinge laat gebeur het” nie. Jy kan ook nie sê: “My afgodsbeeld het besluit dit moet gebeur” nie. |