Isaiah 48:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Omdat ek geweet het dat jy hardnekkig is, en jou nek 'n ystersening is, en jou voorkop koper;
Afrikaans (NLV) 2011 Ek weet hoe hardkoppig julle is, eiesinnig soos yster, met ’n kop so hard soos ’n stuk brons.
Afrikaans 1933/1953 Omdat Ek geweet het dat jy halsstarrig is, en jou nek 'n ystersening is, en jou voorhoof koper,
Afrikaans 1983 Omdat Ek weet dat julle hardkoppig is, dat julle so weerbarstig soos 'n stuk yster is en dat julle kop so hard soos brons is,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Omdat Ek weet dat jy hardnekkig is, dat jou nek 'n ystersening is en jou voorkop brons,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het geweet julle is hardkoppig. Julle koppe is so hard soos yster en brons.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek weet hoe moeilik dit is om met jou klaar te kom. Ek weet dat jy onbuigsaam en hardkoppig is.