Isaiah 48:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het nie dors gehad toe Hy hulle deur die woestyn gelei het nie; Hy het die waters vir hulle uit die rots laat uitvloei; Hy het ook die rots gekloof, en die waters het uitgevloei.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het nie dors geword toe Hy hulle deur die woestyn gelei het nie. Hy het vir hulle water uit ’n rots laat kom. Hy het die rots gekloof en water het uitgestroom.
Afrikaans 1933/1953 en hulle het geen dors gehad nie, in die woesteny het Hy hulle gelei; Hy het water uit die rots vir hulle laat stroom en die rots geklowe, sodat die waters weggevloei het.
Afrikaans 1983 Sy volk het nie dors gekry toe Hy hulle deur 'n droë wêreld gelei het nie. Hy het vir hulle water uit 'n rots laat stroom, Hy het die rots gekloof en daar het water uitgestroom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het nie dors geword nie; deur droë streke het Hy hulle laat gaan. Water uit 'n rots het Hy vir hulle laat vloei. Hy het 'n rots gekloof, en water het uitgestroom.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het nie dors geword toe hulle deur droë plekke geloop het nie. Die Here het vir hulle water uit 'n rots laat vloei. Hy het die rots oopgebreek, en die water het daaruit gestroom.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het nie dors geword toe Hy hulle deur ’n droë landstreek laat trek het nie. Hy het vir hulle water uit ’n rots laat kom. Hy het die rots laat oopbreek en daar het water daaruit gevloei.