Isaiah 48:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Gaan uit Babel, vlug vir die Chaldeërs, verkondig met 'n stem van gesang, vertel dit, spreek dit uit tot aan die einde van die aarde; sê julle: Die HERE het sy kneg Jakob verlos.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar vlug nou uit Babel. Vlug weg van die Galdeërs! Kondig dit aan met gejubel, maak dit bekend. Laat dit weerklink tot aan die eindes van die aarde. Sê: “Die Here het sy dienaar Jakob verlos.”
Afrikaans 1933/1953 Gaan weg uit Babel, vlug weg van die Chaldeërs! Verkondig met jubelklank, laat dit hoor, bring dit uit tot by die einde van die aarde! Sê: Die HERE het sy kneg Jakob verlos;
Afrikaans 1983 Gaan uit Babel uit, vlug weg van die Galdeërs af! Jubel dit uit, maak hierdie aankondiging en laat dit weerklink tot in die uithoeke van die aarde; sê: “Die Here het sy dienaar Jakob verlos!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Gaan uit Babel uit, vlug weg van die Galdeërs! Kondig dit met jubelkrete aan, laat hierdie boodskap hoor! Laat dit uitgaan tot by die einde van die aarde! Sê, ‘Die Here het sy dienaar Jakob losgekoop!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet uitgaan uit die stad Babel, julle moet vlug. Julle moet juig en hard skree, so hard dat al die mense op die aarde dit hoor. Julle moet sê: ‘Die Here het sy dienaars, die nageslag van Jakob, vrygemaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Trek weg van Babel af. Vlug voor die Galdeërs. Skreeu van vreugde. Laat dit weerklink tot by die eindes van die aarde. Juig dit uit: “Die Here het die kinders van Jakob bevry!”