Isaiah 48:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want hulle noem hulleself van die heilige stad en bly op die God van Israel; Die HERE van die leërskare is sy Naam. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Julle noem julleself inwoners van die heilige stad, wat vertrou op die God van Israel. Die Here, die Almagtige, is sy Naam: |
| Afrikaans 1933/1953 | want hulle noem hul na die heilige stad en steun op die God van Israel, HERE van die leërskare is sy Naam. |
| Afrikaans 1983 | julle noem julleself na die heilige stad en julle maak staat op die God van Israel, op Hom wie se Naam die Here die Almagtige is. Luister hierna: |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | al noem hulle hulleself na die heilige stad, en al steun hulle op die God van Israel – die Here, Heerser oor alle magte is sy Naam. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle noem julleself die mense van die gewyde stad en julle dink die God van Israel sal julle help. Sy Naam is die Here wat oor alles regeer. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Julle spog daarmee dat julle in God se stad Jerusalem bly. Julle sê graag die God van Israel staan agter julle. Julle sê die Here wat die hemelse magte aanvoer, is aan julle kant. |