Isaiah 48:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En jou saad was soos die sand, en die nageslag van jou ingewande soos sy gruis; sy naam moes nie uitgeroei of vernietig word voor my aangesig nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jou nageslag sou dan so talryk soos sand gewees het, en jou nakomelinge so baie soos sandkorrels. Hulle name sou nooit uitgewis en uitgeroei word nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | dan sou jou nakomelinge gewees het soos die sand, en die wat uit jou liggaam voortkom, soos die korreltjies daarvan; sy naam sou nie uitgeroei of verdelg word voor my aangesig nie! |
| Afrikaans 1983 | Jou nageslag sou so baie gewees het soos sand, jou afstammelinge so volop soos sandkorrels, en Ek sou toegesien het dat hulle nie vernietig en uitgeroei word nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | soos die sand sou jou nageslag wees, die nakomelinge uit jou liggaam soos korrels sand. Dan sou hulle nie uitgeroei word nie, en hulle naam sou nie uitgedelg word uit my teenwoordigheid nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle nageslag sou so baie gewees het soos sand, en wanneer vyande julle wou doodmaak, dan sou Ek hulle gekeer het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jou afstammelinge sou so baie gewees het soos die sandkorrels op die strand. Jou naam sou nooit van die aarde af verdwyn het nie. |