Isaiah 48:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ag, dat jy na my gebooie geluister het! dan was u vrede soos 'n rivier en u geregtigheid soos die golwe van die see; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As jy maar net na my gebooie geluister het! Dan sou jou vrede soos ’n rivier gewees het, en jou geregtigheid soos die golwe van die see. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ag, as jy maar na my gebooie geluister het, dan sou jou vrede gewees het soos 'n rivier en jou geregtigheid soos die golwe van die see; |
| Afrikaans 1983 | As jy maar aan my gebooie gehoorsaam was, sou daar voorspoed en redding vir jou gekom het, so onkeerbaar soos 'n rivier, soos die golwe van die see. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As jy maar net ag sou slaan op my gebooie, dan sou jou vrede soos 'n rivier wees, jou geregtigheid soos die golwe van die see; |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As julle gedoen het wat Ek vir julle gesê het, dan sou dit goed gegaan het met julle. Dan sou alles weer reg gewees het. Dit sou gewees het soos 'n rivier wat vloei of soos die branders van die see. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As jy tog maar die rigting gevolg het wat Ek vir jou gewys het. Jou lewe sou dan so rustig gewees het soos ’n rivier wat sterk vloei. Jy sou so betroubaar gewees het soos die branders van die see wat onophoudelik breek. |