Isaiah 48:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | So sê die HERE, jou Verlosser, die Heilige van Israel; Ek is die HERE jou God wat jou leer om te baat, wat jou lei op die pad wat jy moet gaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Nou sê die Here, jou Redder, die Heilige van Israel: “Ek is die Here jou God wat jou leer wat vir jou goed is. Ek lei jou op die pad waarop jy moet loop. |
| Afrikaans 1933/1953 | So sê die HERE, jou Verlosser, die Heilige van Israel: Ek is die HERE jou God, wat jou leer wat heilsaam is, wat jou lei op die weg wat jy moet gaan. |
| Afrikaans 1983 | So sê die Here, jou Verlosser, die Heilige van Israel: Ek is die Here jou God wat jou onderrig tot jou beswil, wat jou lei op die pad waarop jy moet gaan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | So sê die Here, jou •losser, die Heilige van Israel: “Ek is die Here jou God, wat jou leer tot jou voordeel, wat jou lei op die pad wat jy moet loop. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek moet sê dit is die Here wat praat. Hy is die Heilige God van Israel wat vir julle wil vrymaak. Hy sê: “Ek is julle God die Here wat vir julle leer om te doen wat julle moet doen, en Ek lei julle op die pad waar julle moet loop. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die hoë God van Israel, die Here wat jou bevry, sê vir jou: Ek is die Here. Ek is jou God. Ek leer jou wat vir jou goed is. Ek laat jou die regte pad loop. |