Isaiah 48:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Kom nader na My, hoor dit; Ek het nie van die begin af in die geheim gespreek nie; vandat dit was, daar is Ek; en nou het die HERE HERE en sy Gees my gestuur.
Afrikaans (NLV) 2011 “Staan nader aan My en luister. Van die begin af het Ek nie in die geheim gepraat nie. Wanneer iets gebeur, dan is Ek daar.” Nou het die oppermagtige Here my deur sy Gees gestuur.
Afrikaans 1933/1953 Kom julle nader na My, hoor dit: Ek het van die begin af nie in die geheim gespreek nie; van die tyd af dat dit gebeur, is Ek daar! En nou het die Here HERE my met sy Gees gestuur.
Afrikaans 1983 Kom nader na My toe en luister hierna: Van die begin af al het Ek niks geheim gehou nie, vandat iets begin gebeur het, is Ek nog altyd daar. En nou, die Here God het my en sy Gees gestuur.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Kom nader na My toe! Luister hierna: Van die begin af het Ek nie in die geheim gepraat nie, vanaf die tyd dat dit gebeur het, is Ek daar.” En nou het my Heer, die Here, my gestuur, en ook sy Gees.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet nader kom en luister na wat Ek sê. Ek het dit van die begin af vir julle gesê, Ek was daar toe dit begin gebeur het.” Die Here het my gestuur, Hy het vir my en sy Gees gestuur.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Kom staan hier naby My. Hoor wat Ek sê. Van die begin af sê Ek dit openlik. Wanneer dit gebeur, sal Ek by wees. Die Here my God stuur my. Hy gee my sy Gees om saam met my te gaan.