Isaiah 48:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Julle almal, vergader en luister; wie van hulle het hierdie dinge verkondig? Die HERE het hom liefgehad; aan Babel sal Hy sy welbehae doen, en sy arm sal teen die Chaldeërs wees.
Afrikaans (NLV) 2011 Kom julle nou almal saam, en luister. Wie van julle gode het vooruit gesê wat nou gaan gebeur? Die Here het iemand uitgekies. Hy gaan hom gebruik om ’n einde aan Babel te maak en die Babiloniërs te verslaan.
Afrikaans 1933/1953 Kom bymekaar, julle almal, en luister! Wie onder hulle het dit verkondig? Hy vir wie die HERE liefhet, sal sy welbehae voltrek aan Babel, en sy mag aan die Chaldeërs.
Afrikaans 1983 Kom almal bymekaar, luister. Wie van die gode het aangekondig wat nou gaan gebeur? Die Here het iemand lief, en dié sal aan Babel doen wat hy wil en sy mag teen die Galdeërs laat geld.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Kom byeen, julle almal, en luister! Wie onder hulle het hierdie dinge aangekondig? Hy vir wie die Here lief is, sal die Here se wil oor Babel voltrek; sy arm sal dit aan die Galdeërs doen.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Nou moet julle almal bymekaarkom en luister. Wie het gesê hierdie dinge sal gebeur? Nie julle gode nie! Ek, die Here, stuur die man van wie Ek hou, hy moet met die stad Babel en sy mense doen wat Ek wil hê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Kom almal hier bymekaar. Kom luister wat Ek sê. Was daar een van die gode wat vir julle gesê het dat Ek ’n man gaan kies wat Babel gaan aanval? Hy sal met die Galdeërs maak soos Ek besluit het.