Isaiah 48:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | My hand het ook die aarde gegrond, en my regterhand het die hemele oorspan; as Ek hulle aanroep, staan hulle saam op. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit was my hand wat die aarde se fondamente gelê het. Met my regterhand het Ek die hemelkoepel gespan. Ek het beveel, en hulle het tot stand gekom.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Ook het my hand die aarde gegrond, en my regterhand die hemele uitgesprei; as Ek hulle roep, staan hulle daar almal saam. |
| Afrikaans 1983 | Met my eie hand het Ek die aarde se fondamente gelê, deur my mag het Ek die hemelkoepel oopgesprei: Ek het hulle te voorskyn geroep en hulle het tot stand gekom. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit is ook my hand wat die aarde gegrondves het, my regterhand wat die hemel oopgespan het. Wanneer Ek na hulle roep, staan hulle saam gereed. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek het die aarde op sy plek neergesit en Ek het die hemeldak gemaak en Ek het dit styfgetrek soos 'n tent. Ek het gesê die aarde en die hemeldak moet daar wees, en toe was hulle daar. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek het met my eie hand die fondamente van die aarde gelê. Ek het met my regterhand die hemelkoepel gespan. As Ek die mense roep om My te kom sien, kom staan hulle op aandag voor My. |