Isaiah 48:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ter wille van my, ja, om my ontwil, sal ek dit doen; want hoe sou my naam besoedel word? en ek sal my eer aan geen ander gee nie.
Afrikaans (NLV) 2011 En Ek sal julle red. Ter wille van Myself, ja, Myself, doen Ek dit. Hoe kan Ek toelaat dat my Naam oneer aangedoen word? Aan niemand anders sal Ek my eer gee nie.”
Afrikaans 1933/1953 Om My ontwil, om My ontwil sal Ek dit doen -- want ag, hoe is my Naam ontheilig! -- en Ek sal my eer aan geen ander gee nie.
Afrikaans 1983 Ter wille van Myself en daarom alleen, doen Ek dit, Ek laat my Naam nie oneer aandoen nie. Ek gee die eer wat My toekom, aan niemand anders nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ter wille van Myself, ja, ter wille van Myself tree Ek op. Want hoe sou my Naam nie ontheilig word nie! En my heerlikheid – aan geen ander sal Ek dit gee nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het dit gedoen omdat Ek die Here is. Ek sal niks laat ontwy wat aan My behoort nie, Ek gee nie vir iemand anders die eer wat Ek moet kry nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek het dit gedoen om my Naam in ere te hou. Ek laat nie my eer aantas nie. Ek staan nie my eer aan afgode af nie.