Isaiah 48:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hoor dit, o huis van Jakob, oor wie die naam van Israel uitgeroep is en uit die waters van Juda voortgekom het, wat sweer by die Naam van die HERE en die God van Israel noem, maar nie in waarheid, ook nie in geregtigheid nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Luister na My, afstammelinge van Jakob wat Israel genoem word, wat voortkom uit Juda, julle wat sweer in die Naam van die Here, en die God van Israel aanroep, maar nie in waarheid of regverdigheid nie.
Afrikaans 1933/1953 Hoor dit, huis van Jakob wat julleself noem met die naam van Israel en uit die waters van Juda voortgekom het, wat sweer by die Naam van die HERE en die God van Israel roem, maar nie in waarheid of in geregtigheid nie --
Afrikaans 1983 Luister, nageslag van Jakob, julle wat julleself Israel noem en wat uit Juda voortkom, julle wat in die Naam van die Here 'n eed aflê en die God van Israel aanbid, maar nie eerlik en opreg nie;
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Luister hierna, huis van Jakob, wat met die naam Israel genoem word, en uit die waters van Juda voortgekom het, wat in die Here se Naam 'n eed aflê en hulle op die God van Israel beroem, maar nie in waarheid en geregtigheid nie,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here sê: “ Nageslag van Jakob, julle wat julleself Israel noem en wat uit die Juda-stam kom, julle moet luister na wat Ek sê. Julle noem die Naam van die Here wanneer julle dinge belowe. Julle sê julle dien die God van Israel, maar julle doen dit nie regtig nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hoor ’n bietjie hier, nageslag van Jakob. Julle word Israel genoem. Julle is die nageslag van Juda. Julle maak belangrike verklarings in die Naam van die Here. Julle lê ’n eed af in die hof in die Naam van die God van Israel. Maar julle is vals en oneerlik.