Isaiah 47:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar hierdie twee dinge sal in 'n oomblik op een dag na jou toe kom, die verlies van kinders en weduweeskap: hulle sal jou oorval in hulle volmaaktheid vanweë die menigte van jou towerye en vanweë die groot menigte van jou towerye.
Afrikaans (NLV) 2011 Dis juis hierdie twee dinge wat jou skielik sal oorval, op dieselfde dag: Jy sal jou kinders verloor en jy sal ’n weduwee word. Hierdie rampe gaan jou tref ondanks jou toorkunste en jou beswerings.
Afrikaans 1933/1953 Hierdie twee dinge sal dan in 'n oomblik, op een dag, oor jou kom: kinderloosheid en weduweeskap; in volle maat sal hulle jou oorval, ondanks die veelheid van jou towerye, ondanks die groot menigte van jou besweringe.
Afrikaans 1983 Altwee hierdie dinge sal jou oorval, in een oomblik, op dieselfde dag: jy sal jou inwoners verloor en niemand sal vir jou sorg nie. Dit sal jou voluit tref ondanks jou baie toordery, ondanks jou magdom beswerings.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die volgende twee dinge kom oor jou, skielik, binne 'n enkele dag: kinderloosheid en weduweeskap. Die volle omvang daarvan sal jou tref ondanks jou oorvloed towerkunste, jou talle kragtige towerspreuke.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Twee dinge sal met jou gebeur, dit sal skielik gebeur, op een dag: Jy sal alleen wees soos 'n weduwee en jy sal al jou mense verloor. Jy het gedink jy kan alles regmaak wanneer jy toor, maar hierdie dinge sal met jou gebeur.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) En tog sal dit alles binne een enkele dag met jou gebeur. Jy gaan jou inwoners verloor en soos ’n weduwee en weeskinders word wat niemand het wat vir hulle kan sorg nie. Ten spyte van al jou toorkunsies en jou toorwoorde waarmee jy dinge wil besweer, gaan dit met jou gebeur.