Isaiah 47:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek was toornig op my volk, Ek het my erfdeel ontheilig en hulle in jou hand gegee; op die oue het jy jou juk baie swaar gelê.
Afrikaans (NLV) 2011 Want Ek was kwaad vir my volk. Ek het my erfdeel onrein verklaar. Daarom het Ek hulle gestraf en hulle in jou hand oorgegee. Maar jy het geen genade vir hulle betoon nie. Selfs die oumense het jy ’n swaar vrag laat dra.
Afrikaans 1933/1953 Ek was toornig op my volk, Ek het my erfdeel ontheilig en hulle in jou hand oorgegee: jy het hulle geen barmhartigheid bewys nie, op die grysaard het jy jou juk baie swaar laat druk
Afrikaans 1983 Ek was kwaad vir my volk, Ek het hulle nie meer as my besitting beskou nie; daarom het Ek hulle in jou mag oorgegee. Maar jy het nie met hulle medelye gehad nie; selfs op die oumense het jy 'n swaar juk gelê.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek was toornig op my volk, Ek het my eiendom ontwy; Ek het hulle in jou hand oorgegee. Jy het nie aan hulle barmhartigheid bewys nie. Selfs op ou mense het jy jou juk baie swaar gemaak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek was kwaad vir my mense, Ek het gesê my volk is nie meer goed om My te dien nie en Ek het hulle vir jou gegee sodat jy hulle kan oorwin. Jy was nie jammer vir hulle nie, jy het ook die ou mense baie swaar laat kry.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek was kwaad vir my volk. Ek wou hulle nie meer hê nie. Ek het hulle vir jou gegee om met hulle te maak soos jy wil. Jy het hulle nie gespaar nie. Jy het selfs die ou mense soos slawe laat werk.