Isaiah 47:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Sit stil, en gaan in die duisternis, o dogter van die Chaldeërs, want jy sal nie meer genoem word die vrou van die koninkryke nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Gaan sit doodstil in ’n donker plek, dogter van Babilon. Jy sal nooit weer genoem word koningin van koninkryke nie.
Afrikaans 1933/1953 Sit doodstil, en gaan in die duisternis, dogter van die Chaldeërs! want jy sal nie langer genoem word gebiedster van die koninkryke nie.
Afrikaans 1983 Sit doodstil, kruip weg in die donker, stad van die Galdeërs! Jy sal nie langer bekend staan as die een wat heers oor al die koninkryke nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Sit in swye, gaan die duisternis binne, dogter van die Galdeërs! Want jy sal nie langer genoem word heerseres van koninkryke nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Babel, die mense het gesê jy regeer oor al die lande, maar hulle sal dit nie weer sê nie. Jy moet nou stilbly en in die donker sit.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Gaan sit tussen die grafte, stad van die Galdeërs. Jy sal nie meer leier van die volke genoem word nie.