Isaiah 47:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Jou naaktheid sal ontbloot word, ja, jou skande sal gesien word: Ek sal wraak neem, en Ek sal jou nie soos 'n man ontmoet nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Want jy sal kaal wees. Jou skaamte sal ontbloot word. Want Ek neem wraak, en sal niemand spaar nie.”
Afrikaans 1933/1953 Laat jou skaamte ontbloot word, ja, jou skande gesien word! Ek sal wraak neem en geen mens verskoon nie.
Afrikaans 1983 Jou geslagsdele sal kaal wees, mense sal jou bekyk en jou bespot. Ek, die Here, gaan jou straf, Ek sal niemand verskoon nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jou naaktheid sal ontbloot word, en ook jou skande sal gesien word. Wraak gaan Ek neem; Ek sal geen mens tegemoetkom nie. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Die mense sal sien jy is kaal en hulle sal vir jou kyk en jou spot. Ek, die Here, sal jou straf. Ek straf almal wat verkeerd doen.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Lig dit hoog genoeg op sodat almal jou lyf kan sien en vir jou kan lag. Ek gaan jou straf. Ek sal geen mens oorsien nie.