Isaiah 47:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Neem die meulstene en maal meel; maak jou lokke oop, maak die been bloot, ontbloot die heup, trek deur die riviere.
Afrikaans (NLV) 2011 Vat swaar maalklippe en maal die koring. Haal af jou sluier en tel jou rok op. Ontbloot jou en stap deur die stroom.
Afrikaans 1933/1953 Neem die handmeul en maal meel; slaan jou sluier op, tel die kleed op, ontbloot die been, trek deur die riviere!
Afrikaans 1983 Vat maalklippe en maal meel, slaan jou sluier op, trek jou boklere uit, maak jou onderlyf kaal en loop deur die rivier.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Neem 'n handmeul en maal koring! Haal jou sluier af, lig die lang kleed op, ontbloot jou dye, steek riviere oor!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy moet 'n maalklip neem en jy moet meel maal, jy moet jou sluier afhaal en jou rok optel en jy moet kaalbeen deur riviere loop.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Gaan maal saam met die slawe meel op die maalklip. Vat die sluier voor jou gesig weg. Lig jou rok tot bo jou knieë op sodat jy deur die riviere kan gaan.