Isaiah 47:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | So sal hulle vir jou wees met wie jy gewerk het, jou handelaars, van jou jeug af: hulle sal elkeen na sy woonplek swerf; niemand sal jou verlos nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dis al wat hulle vir jou kan doen, hulle met wie jy jou van jongs af besig gehou het. Hulle dwaal almal op hulle eie koers. Nie een van hulle kan jou red nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Dit het jy aan hulle -- jou koopmans -- met wie jy jou vermoei het van jou jeug af; elkeen dwaal sy eie koers; niemand is daar wat jou red nie. |
| Afrikaans 1983 | Dit is wat jy het aan dié met wie jy jou ophou, met wie jy jou van jongs af inlaat. Hulle het almal gedwaal, daar is niemand wat jou kan red nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Só het almal vir jou geword, jou handelsvennote vir wie jy jou vermoei het van jou jeug af. Elkeen van hulle dwaal af, sy eie koers in; daar is niemand wat jou verlos nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | So sal dit gaan met al jou slim mense. Jy het altyd vir hulle gevra wat jy moet doen, maar hulle weet self nie wat om te doen nie, hulle kan jou nie red nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die mense met wie jy jou ophou, met wie jy van jongs af te doen het, sal elkeen sy eie koers vat. Nie een van hulle gaan jou uit jou probleme uithelp nie. |