Isaiah 47:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Kyk, hulle sal soos stoppels word; die vuur sal hulle verbrand; hulle sal hulle nie red uit die mag van die vlam nie;
Afrikaans (NLV) 2011 Maar hulle is so nutteloos soos droë gras wat in die vuur brand. Hulle kan hulleself nie red van die mag van die vuur nie! Daar is nie eens kole om jou warm te maak nie, geen vuur waarby jy kan sit nie.
Afrikaans 1933/1953 Kyk, hulle het geword soos stoppels, vuur het hulle verbrand; hulle kan hulself nie red uit die mag van die vlam nie -- dit is geen kool om by warm te word nie, geen vuur om daarvoor te sit nie!
Afrikaans 1983 Maar hulle het soos stoppels geword, hulle gaan verbrand. Hulle kan hulleself nie red van die vlamme nie. Daar bly nie eens kole oor om jou by warm te maak nie, 'n vuur om by te sit nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Kyk, hulle het soos strooi geword, vuur verbrand hulle. Hulle kan hulleself nie red uit die greep van die vlamme nie – dit is nie gloeiende kole om hulle warm te maak nie, nie vuur om langs te sit nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar hulle is soos kaf wat brand, hulle kan hulleself nie red nie. Wanneer die kaf klaar gebrand het, dan bly daar nie kole oor nie, daar is nie kole waar jy kan sit om jouself warm te maak nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Sowaar, hulle is soos droë gras. Die vuur brand hulle weg. Hulle kan nie eens hulleself van die vlamme red nie. Hierdie is nie ’n vuur om mee te speel nie.