Isaiah 47:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | U is moeg in die menigte van u raadslae. Laat nou die sterrekykers, die sterrekykers, die maandelikse voorspellers opstaan en jou red van hierdie dinge wat oor jou sal kom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Al die raad wat jy gekry het, het jou net moeg gemaak. Laat jou voorspellers opstaan en jou kom red. Laat die sterrekykers wat maand vir maand vir jou voorspellings maak, jou red van wat jou gaan tref. |
| Afrikaans 1933/1953 | Jy het jou vermoei met die menigte van jou planne; laat hulle tog optree en jou red -- die wat die hemel indeel, die sterrekykers wat elke maand laat weet wat oor jou sal kom. |
| Afrikaans 1983 | Jy het jou moeg gemaak met jou baie voortekens. Laat jou voorspellers nou optree, laat hulle jou help, hulle wat die hemel opdeel en die sterre bekyk, hulle wat elke maand bekend maak wat oor jou gaan kom. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jy sloof jou af met jou baie planne. Laat hulle maar aantree en jou verlos – die sterrewiggelaars, die sterrekykers wat elke maand bekend maak wat jou gaan oorkom. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy het altyd vir jou slim mense gevra wat jy moet doen, die mense wat na die lug en die sterre kyk en elke maand vir jou sê wat sal gebeur. Jy moet nou weer vir hulle vra om jou te help. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jy hou jou graag op met voorspellings. Jy het mense wat die hemelruim bestudeer. Hulle neem die sterre waar. Hulle voorspel elke maand vir jou wat met jou gaan gebeur. Laat hulle jou nou bevry. |