Isaiah 47:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Staan nou op met jou towerye en met die menigte van jou towerye waarmee jy jou van jou jeug af vermoei het; as dit so is, sal jy voordeel kan trek, as dit so is, kan jy seëvier. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Hou maar aan met jou toorkunste, met jou beswerings wat jy al van kleintyd beoefen het. Dalk het jy sukses, dalk sal jy mense afskrik. |
| Afrikaans 1933/1953 | Tree tog op met jou besweringe en met die menigte van jou towerye waarmee jy jou vermoei het van jou jeug af; miskien kan jy iets uitrig, miskien kan jy skrik aanjaag! |
| Afrikaans 1983 | Gaan maar aan met jou beswerings en jou baie toordery waarmee jy jou van jongs af al ophou. Dalk bereik jy iets daarmee, dalk skrik jy jou vyande daarmee af! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Tree maar aan met jou towerspreuke, met jou oorvloed towerkunste waarmee jy jou van jou jeug af vermoei. Miskien kan jy daarby baat, miskien skrik jy mense af. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy het altyd probeer toor en jy het gedink jy kan wonderwerke doen. Miskien moet jy weer probeer, miskien sal dit help. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Gaan maar aan met jou toorkunsies en die beswerings waarmee jy jou al van jou kinderdae af besig hou. Miskien kry jy nog iets daarmee reg. Miskien skrik jou vyande daarvoor. |