Isaiah 47:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom sal onheil oor jou kom; jy sal nie weet waar dit vandaan kom nie, en onheil sal jou oorval; jy sal dit nie kan uitstel nie, en skielik sal 'n verwoesting jou oorval wat jy nie sal ken nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar rampe sal jou skielik oorval en jy sal dit nie kan besweer nie. Ellende gaan oor jou kom, en jy sal jou nie met ’n losprys kan loskoop nie. ’n Ramp wat jy nie kan voorsien nie, sal skielik oor jou kom. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom oorval 'n onheil jou wat jy nie sal weet om te besweer nie; en 'n onheil val op jou wat jy nie kan versoen nie, en skielik oorval jou 'n verwoesting sonder dat jy dit weet. |
| Afrikaans 1983 | Maar daar kom 'n ramp oor jou wat jy nie kan besweer nie, onheil oorval jou, en jy kan dit nie met 'n losprys keer nie. Jou ondergang kom skielik, jy het dit nie verwag nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Onheil oorval jou, en jy ken nie beswering daarteen nie. 'n Ramp oorval jou, en jy kan dit nie afweer nie. Skielik oorval teenspoed jou, en jy het dit nie eers vermoed nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar dit sal skielik sleg gaan met jou. Dit sal wees soos 'n storm wat 'n mens nie kan keer nie en dit sal nie help om te probeer toor nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daar gaan teëspoed oor jou kom. Jy sal dit nie kan wegtoor nie. Ongeluk sal op jou toesak. Jy sal dit met niks kan keer nie. ’n Ramp sal jou uit die bloute tref. Jy sal nie weet hoe om dit te hanteer nie. |