Isaiah 47:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want jy het op jou boosheid vertrou; jy het gesê: Niemand sien My nie. Jou wysheid en jou kennis, dit het jou verdraai; en jy het in jou hart gesê: Ek is en niemand anders behalwe My nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Jy het op jou boosheid vertrou en gesê: ‘Niemand sien wat ek doen nie!’ Jou wysheid en jou kennis het jou mislei toe jy gedink het: ‘Ek alleen bestaan, daar is niemand soos ek nie.’
Afrikaans 1933/1953 En jy het op jou boosheid vertrou, jy het gesê: Niemand sien my nie! Jou wysheid en jou kennis het jou verlei, sodat jy in jou hart gesê het: Ek is dit, en niemand anders nie!
Afrikaans 1983 Jy het op jou bose dade vertrou, jy het gedink daar is niemand wat jou sien nie. Jou wysheid en jou kennis het jou mislei, en jy het gedink: daar is niemand soos ek nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jy het op jou boosheid vertrou; jy het in jou hart gesê: Niemand sien my nie. Jou wysheid en jou kennis, dit is wat jou verlei het. Jy het in jou hart gesê: Ek is die een, en niemand anders nie!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy het gedink dit sal goed gaan as jy slegte dinge doen, jy het gedink niemand sien jou nie, jy het gedink jy is baie slim. Jy het vir jouself gesê: ‘Niemand is soos ek nie.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jy het staatgemaak op die verkeerde dinge wat jy doen. Jy het vir jouself gesê: “Niemand sien tog wat ek doen nie.” Jou slimmigheid en jou kennis van die verkeerde dinge het jou die spoor byster laat raak. Jy het ewe verwaand jouself wysgemaak dat niemand anders so goed is soos jy nie.