Isaiah 47:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Kom af en sit in die stof, o jonkvrou, dogter van Babel, sit op die grond; daar is geen troon nie, o dogter van die Chaldeërs, want jy sal nie meer teer en teer genoem word nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Klim af, gaan sit in die stof, dogter van Babel. Kom sit in die stof sonder jou troon, stad van die Babiloniërs. Niemand noem jou weer die jong vrou wat fyn en delikaat is nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Kom af en sit in die stof, jonkvrou, dogter van Babel! Sit op die grond sonder troon, dogter van die Chaldeërs! Want jy sal nie langer genoem word die vertroetelde en verw,nde nie. |
| Afrikaans 1983 | Klim af, gaan sit in die stof, Babel! Gaan sit op die grond sonder jou troon, stad van die Galdeërs! Jy sal nie langer vergelyk word met 'n jong vrou wat fyn is en altyd haar sin kry nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Klim af, sit in die stof, maagdelike dogter van Babel! Sit op die grond, sonder 'n troon, dogter van die Galdeërs! Want hulle sal jou nie langer die saggeaarde en die fynbesnaarde noem nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Stad Babel, jy was soos 'n meisie wat nie gewerk het nie en wat altyd gekry het wat sy wil hê. Maar nou moet jy afklim van jou stoel en jy moet op die grond gaan sit. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Kom sit op die grond, Babel. Klim van jou troon af, stad van die Galdeërs. Jy gaan nie meer die pragtige stad wees waarheen almal graag wil kom nie. |