Isaiah 46:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hulle dra hom op die skouer, hulle dra hom en sit hom op sy plek, en hy staan; van sy plek af sal hy nie wegtrek nie; ja, iemand sal na hom roep, maar hy kan nie antwoord of uit sy benoudheid red nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle dra die beeld op hulle skouers na ’n ander plek. Hulle sit dit daar neer, en daar staan dit! Dit kan glad nie vanself beweeg nie. Wanneer iemand roep, is daar geen antwoord nie. Dit kan niemand red uit sy nood nie.
Afrikaans 1933/1953 Hulle hef hom op die skouer; hulle dra hom en sit hom op sy plek neer. Daar staan hy! Hy wyk nie van sy plek nie; ook al roep iemand hom, hy antwoord nie; hy verlos hom nie uit sy benoudheid nie.
Afrikaans 1983 Hulle tel hom op hulle skouers en dra hom, hulle sit hom op sy plek neer en hy staan daar, hy kan nie van daardie plek af padgee nie. As iemand na hom roep, antwoord hy nie, hy help hom nie uit sy nood nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) hulle tel hom op hulle skouers, hulle dra hom en plaas hom op sy plek – en daar staan hy! Van dié plek af kan hy nie beweeg nie. Selfs as iemand na hom om hulp roep, antwoord hy nie; uit benoudheid kan hy iemand nie verlos nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle tel die god op en hulle dra hom en sit hom neer. Die god staan daar en hy kan nie beweeg nie. Wanneer iemand vir hom vra om te help, dan antwoord die god hom nie en red hom nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle tel die beeld op hulle skouers en dra dit rond. As hulle dit op ’n plek neersit, staan dit net daar. Dit kan nie roer nie. Selfs al skreeu jy vir die beeld kan hy jou nie antwoord nie. Uit jou probleme kan hy jou nie uithelp nie.