Isaiah 46:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hulle gooi goud uit die sak en weeg silwer op die weegskaal en huur 'n goudsmid; en hy maak dit 'n god; hulle val neer, ja, hulle aanbid.
Afrikaans (NLV) 2011 Mense gooi goud uit ’n sak, en weeg silwer af op ’n skaal. Hulle huur ’n goudsmid om ’n afgodsbeeld te maak. Dan buig hulle en aanbid die afgodsbeeld.
Afrikaans 1933/1953 Hulle wat goud uit die geldsak skud en silwer afweeg met die weegskaal, huur 'n goudsmid, en hy maak daar 'n god van; hulle kniel neer, ook buig hulle.
Afrikaans 1983 Mense gooi goud uit hulle geldsak uit en weeg silwer op 'n skaal af; hulle huur 'n goudsmid, en hy maak daarvan 'n afgodsbeeld. Dan buig hulle voor hom en aanbid hom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle wat goud uit 'n geldsak skud en silwer met 'n weegskaal afweeg, hulle huur 'n goudsmid, en hy maak 'n god daarvan. Hulle kniel voor hom, hulle buig selfs in aanbidding;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar is mense wat geld uit hulle sak haal en silwer weeg op 'n weegskaal. Hulle betaal 'n ambagsman om vir hulle 'n god te maak. Dan buig die mense voor die god en hulle aanbid hom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Mense wat geld het, huur ’n man wat met goud werk. Hy maak vir hulle ’n beeld van ’n afgod. Hulle buig dan voor die beeld en aanbid die beeld.