Isaiah 46:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Luister na my, o huis van Jakob, en die hele oorblyfsel van die huis van Israel, wat deur my gedra is van die maag af, wat van die moederskoot af gedra is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Luister na My, nageslag van Jakob, oorblyfsel uit die nageslag van Israel. Ek het voor geboorte vir julle gesorg en julle kleintyd vasgehou. |
| Afrikaans 1933/1953 | Luister na My, o huis van Jakob en die hele oorblyfsel van die huis van Israel, julle wat deur My gedra is van die moederskoot af, opgeneem is van die geboorte af; |
| Afrikaans 1983 | Luister na My, nageslag van Jakob, almal wat oor is uit die nageslag van Israel, julle vir wie Ek gedra het van julle geboorte af, wat Ek vasgehou het vandat julle daar is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Luister na My, huis van Jakob, die hele oorblyfsel van die huis van Israel, julle wat gedra is vanaf die baarmoeder, wat opgetel is van die moederskoot af. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “ Nageslag van Jakob, Israeliete wat nog lewe, luister na wat Ek sê. Ek het julle gedra vandat julle gebore is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Almal van Jakob, almal wat van Israel oor is, moet na My luister. Vandat jy gebore is, het Ek vir jou gesorg. Toe jy ’n babatjie was, het Ek jou in my arms rondgedra. |