Isaiah 46:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek bring my geregtigheid nader; dit sal nie ver wees nie, en my heil sal nie vertoef nie; en Ek sal verlossing in Sion plaas vir Israel, my eer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek staan reg om te doen wat reg is. Dis nie ver nie. Die redding wat Ek bring, sal nie lank wegbly nie. Ek bring redding vir Sion, my heerlikheid na Israel.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Ek bring my geregtigheid naby; dit is nie ver nie, en my heil sal nie vertoef nie; en Ek gee heil in Sion, aan Israel my heerlikheid. |
| Afrikaans 1983 | Ek laat die redding naderkom, dit is nie meer ver nie, die verlossing wat Ek bring, sal nie lank uitbly nie. Ek bring verlossing vir Sion en openbaar my mag in wat Ek met Israel doen. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek het my geregtigheid nader gebring; dit is nie meer ver nie. Die verlossing wat Ek bring, sal nie talm nie. In Sion sal Ek verlossing skenk, aan Israel my heerlikheid.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek sal doen wat reg is, Ek sal dit goed laat gaan met julle, en dit sal gou gebeur. Ek sal dit goed laat gaan met Sion, Ek sal weer trots wees op die Israeliete.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die bevryding is baie naby. Ek sal nie lank wag voor Ek julle verlos nie. Ek sal Sion red. Ek sal vir Israel wys hoe wonderlik Ek is. |