Isaiah 46:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy roep 'n roofvoël uit die ooste, die man wat my raad uit 'n ver land uitvoer; ja, Ek het dit gespreek, Ek sal dit ook laat gebeur; Ek het dit voorgeneem, ek sal dit ook doen. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Uit die ooste roep Ek ’n roofvoël, ’n man uit ’n ver land, wat my opdrag sal uitvoer. Wat Ek gesê het, sal Ek laat gebeur. Wat Ek beplan, dit sal Ek doen. |
| Afrikaans 1933/1953 | wat 'n roofvoël roep uit die Ooste, die man van my raad uit 'n ver land; soos Ek dit gespreek het, sal Ek dit ook laat kom; Ek het dit voorberei, Ek sal dit ook doen. |
| Afrikaans 1983 | Ek roep 'n roofvoël uit die ooste, uit 'n ver land roep Ek 'n man wat my besluit sal uitvoer. Ek het dit gesê, en Ek sal hom laat kom, Ek het dit beplan en Ek sal dit doen. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek wat uit die ooste 'n roofvoël roep, van 'n ver land af iemand roep vir my raadsbesluit. Ja, Ek het dit aangekondig; Ek sal dit beslis laat gebeur. Ek het dit gereedgemaak; Ek sal dit beslis uitvoer. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit is Ek wat uit die ooste 'n man geroep het wat van ver kom soos 'n aasvoël. Ja, as Ek gesê het iets sal gebeur, dan gebeur dit. Ek doen wat Ek besluit het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek roep ’n man uit die ooste. Soos ’n roofvoël kom hy van ’n ver plek aangevlieg. Ek laat hom doen wat Ek besluit het. Ek laat dit gebeur soos Ek dit beplan het. |