Isaiah 46:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) en verkondig die einde van die begin af en van ouds af die dinge wat nog nie gedoen is nie, en sê: My raad sal bestaan, en ek sal doen al my behae;
Afrikaans (NLV) 2011 Ek maak bekend wat gaan gebeur nog voor dit gebeur. Wat Ek besluit, voer Ek uit. Wat Ek wil, doen Ek.
Afrikaans 1933/1953 wat van die begin af verkondig die einde, en van die voortyd af wat nog nie gebeur het nie; wat sê: My raad sal bestaan, en al wat my behaag, sal Ek doen;
Afrikaans 1983 Ek kondig vantevore aan wat later sal kom, lank tevore al wat nog nie gebeur het nie. Ek sê wat Ek besluit het en dit gebeur, wat Ek wil, doen Ek.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek wat van die begin af die afloop aankondig, van lank gelede af dit wat nog nie gebeur het nie; Ek wat sê, ‘My raadsbesluit sal standhou; alles wat Ek wil, sal Ek uitvoer,’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit is Ek wat lank gelede gesê het wat sal gebeur. Ek het dit gesê lank voordat dit gebeur het. Dit is Ek wat sê Ek het besluit en dit sal gebeur, Ek sal doen wat Ek wil doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Net Ek kan sê wat uiteindelik gaan gebeur. Ek kan voor die tyd al praat oor die dinge wat selfs nog nie eens gebeur het nie. Wat Ek besluit het, staan vas. Wat Ek wil laat gebeur, gebeur uiteindelik.