Isaiah 46:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Bel buig neer, Nebo buig, hulle drekgode was op die diere en op die vee; julle waens was swaar gelaai; hulle is 'n las vir die moeë dier.
Afrikaans (NLV) 2011 Die afgodsbeelde van Babel, Bel en Nebo, word weggery op waens. Osse sleep hulle weg. Die arme diere steier onder die swaar vrag.
Afrikaans 1933/1953 Bel het inmekaargesak, Nebo staan krom; hulle afgode is vir die diere en die vee; beelde wat julle rondgedra het, is opgelaai, 'n vrag vir die vermoeide diere.
Afrikaans 1983 Bel het ineengestort, dis klaar met Nebo! Julle gode wat deur julle rondgedra is, word nou op diere, op beeste gelaai. Hulle het 'n vrag geword vir moeë diere.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Bel het inmekaargesak, Nebo is vooroor gebuig. Hulle afgodsbeelde behoort aan die wilde diere en aan die vee. Julle draagbare gode is opgelaai – 'n las vir uitgeputte diere.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Bel en Nebo, die gode van die mense van Babel, het geval, hulle is dood. Ander mense sit die gode op diere, en die diere dra swaar.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Babel se afgod Bel het inmekaargesak. Nebo het geknak. Hulle beelde het ’n swaar vrag geword op die rûe van die diere wat hulle moes dra. Hulle gewig druk die pakdiere wat hulle dra, in die grond in.