Isaiah 45:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daal neer, o hemele, van bo af, en laat die hemele geregtigheid neerstort; Ek, die HERE, het dit geskep.
Afrikaans (NLV) 2011 “Laat die wolke regverdigheid reën. En laat die aarde oopgaan om dit te ontvang en die vrug van redding oplewer sodat regverdigheid daaruit kan voortspruit. Ek, die Here, het hierdie dinge gemaak.
Afrikaans 1933/1953 Laat dit drup, o hemele, van bo af, en laat die wolke vloei van geregtigheid; laat die aarde oopgaan, en laat heil voortkom en geregtigheid; laat hulle saam uitspruit. Ek, die HERE, het dit geskape.
Afrikaans 1983 Laat die reën uitsak, hemel, laat redding reën, wolke, breek oop, aarde, laat voorspoed ontkiem, laat trou uitspruit. Ek is die Here, Ek skep hierdie dinge.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ ‘ Hemele daar bo, laat dit neerstuif, en laat die wolke geregtigheid neersif! Die aarde moet oopgaan; dit moet verlossing as vrug voortbring; geregtigheid moet daarmee saam uitspruit. Ek, die Here, het dit geskep.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal vrede gee soos reën uit die wolke in die lug, soos water uit die fonteine in die grond. Dit sal goed gaan, en almal sal reg doen. Ek, die Here, sal dit doen.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek sorg dat regverdigheid van bo uit die wolke neergiet soos reën. Ek laat die aarde geregtigheid indrink. Ek laat redding en geregtigheid soos ’n plant opskiet. Ek is die Here wat dit alles laat gebeur.