Isaiah 45:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek vorm die lig en skep duisternis; Ek maak vrede en skep onheil; Ek, die HERE, doen al hierdie dinge. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek maak die lig en skep die donkerte. Ek gee voorspoed en stuur slegte tye. Ek, die Here, is die Een wat al hierdie dinge doen. |
| Afrikaans 1933/1953 | wat die lig formeer en die duisternis skep, die heil bewerk en die onheil skep: Ek, die HERE, is dit wat al hierdie dinge doen. |
| Afrikaans 1983 | Ek maak die lig en skep die donker; Ek gee voorspoed en skep rampspoed. Ek is die Here, Ek doen al hierdie dinge. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | die Een wat die lig vorm en die duisternis skep, wat voorspoed bewerk en onheil skep. Ek, die Here, bewerk al hierdie dinge. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek laat dit lig word of donker word, Ek laat dit goed gaan of sleg gaan, Ek, die Here, doen dit alles. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit is Ek wat die lig gemaak het, maar ook die donker. Vrede, maar Ek bring ook teëspoed. Ek is die Here. Ek het al hierdie dinge gemaak. |