Isaiah 45:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Sodat hulle kan weet van die opkoms van die son en van die weste af dat daar niemand buiten My is nie. Ek is die HERE, en daar is niemand anders nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Dan sal die wêreld van die ooste tot by die weste weet daar is geen ander God as Ek nie. Ek is die Here, en daar is geen ander God nie.
Afrikaans 1933/1953 sodat hulle kan weet van die opgang van die son en van sy ondergang af dat daar buiten My geeneen is nie; Ek is die HERE, en daar is geen ander nie;
Afrikaans 1983 Ek doen dit sodat elkeen van die ooste af tot in die weste kan weet dat daar buiten My geen God is nie; Ek is die Here, daar is geen ander nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) sodat hulle van waar die son opkom, en van waar hy ondergaan, kan weet dat daar niks is buiten My nie. Ek is die Here, en daar is geen ander nie –
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dan sal al die volke weet dat net Ek God is. Ek is die Here, daar is nie 'n ander Here nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek wil hê dat die hele wêreld moet weet dat daar niemand anders is behalwe Ek nie. Ek is die Here en daar is niemand anders naas My nie.