Isaiah 45:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek is die HERE, en daar is geen ander nie, daar is geen God buiten My nie; Ek het jou omgord, al ken jy My nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek is die Here en daar is geen ander nie. Daar is geen ander God as Ek nie. Ek maak jou sterk, al erken jy My nie eens nie.
Afrikaans 1933/1953 Ek is die HERE, en daar is geen ander nie; buiten My is daar geen God nie; Ek omgord jou, hoewel jy My nie geken het nie,
Afrikaans 1983 Ek is die Here, daar is geen ander nie, buiten My is daar geen God nie. Ek rus jou toe vir jou taak al ken jy My nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek is die Here, en daar is geen ander nie; buiten My is daar geen god nie. Ek omgord jou, al het jy My nie geken nie,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek is die Here, daar is nie nog 'n ander Here nie. Net Ek is God. Jy het My nie geken nie, maar Ek maak jou sterk om oorlog te maak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek is die Here. Behalwe vir My is daar nie ander gode nie. Ek het jou sterk gemaak vir jou werk, al ken jy My glad nie.